Slag van die Somme

Slag van die Somme
Deel van Eerste Wêreldoorlog

Die Slag van die Somme
Datum 1 Julie 1916 - 13 November 1916
Ligging Sommerivier, Frankryk
Resultaat Geen oorwinning
Strydende partye
Verenigde Koninkryk Frankryk
Australië
Nieu-Seeland
Kanada
Unie van Suid-Afrika
Duitse Keiserryk
Bevelvoerders
Douglas Haig
Ferdinand Foch
Max von Gallwitz
Fritz von Below
Sterkte
2 000 000 1 000 000
Ongevalle
620 000 500 000
Newfoundlandse soldate in 'n loopgraaf op 1 Julie 1916
Ontploffing van die Hawthornrifmyn om 7:20 vm, 1 Julie 1916

Die Slag van die Somme is gevoer tussen Julie en November van 1916 en was een die grootste veldslae van die Eerste Wêreldoorlog. Met meer as 1,5 miljoen ongevalle was dit een van die bloedigste veldslae ooit. Die Geallieerde magte het gepoog om deur die Duitse linies te breek oor 'n 12 km front ten noorde en suide van die Sommerivier in Frankryk. Een van die doelwitte was om Duitse magte weg te lok vanaf die Slag van Verdun; maar die verliese by die Somme het egter die verliese by Verdun oorskry. Teen die einde van die oorlog was die Duitse magte se getalle voor die Geallieerde magte se sterkte uitgeput, hoofsaaklik vanweë 'n oorwig in getalle.

Net soos Verdun simbolies was van die geweldige verliese wat tydens 'n oorlog gely kan word, het die Slag van die Somme vir die Britte dieselfde betekenis ingehou en met 67 470 ongevalle wat 19 240 sterftes op die eerste dag van die veldslag (1 Julie 1916) alleen was dit ook een van die bloedigste dae in Britse krygsgeskiedenis. Die vreeslike gevolge van oorlog is by die Britse publiek tuisgebring deur die vrystelling in Augustus daardie jaar van die propagandafilm getited "Battle of the Somme", wat werklike opnames van die eerste dag van die veldslag vertoon het.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search